Original Research

Organisational politics - a prerequisite perspective for general management

I. C. MacMillan
South African Journal of Business Management | Vol 6, No 4 | a3476 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajbm.v6i4.3476 | © 2022 I.C. MacMillan | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 28 June 2022 | Published: 30 November 1975

About the author(s)

I. C. MacMillan, School of Business Leadership, University of South Africa, South Africa

Full Text:

PDF (21MB)

Abstract

Die skrywer se doel met hierdie artikel is om (a) 'n politieke model van organisatoriese gedrag te ontwikkel en (b) aan te toon wat die implikasies van so 'n politieke model is vir die ontwikkeling van sakebestuurders se vaardigheid in algemene bestuur. Hy ontleed aanvanklik die politieke handeling van die individuele deelnemer aan die organisasie, waarop 'n ontleding van die politieke optrede van interne sowel as eksterne groepe volg. Die struktuur van politieke optrede in 'n organisasie word dan in verband gebring met die beleidvormingsproses. Hieruit spruit voort 'n politieke model van organisatoriese handeling wat gedrag in organisasies sien as synde gevorm deur die eise van interne en eksterne invloedryke en magsgroepe wie se ondersteuning behou moet word indien die organisasie wil voortbestaan. So 'n model vermy die begrip van 'n alwetende, "rasionele" besluitnemer aan die hoof van 'n organisasie; dit vereis eerder dat die algemene bestuurder moet erken dat sy rol die is van 'n leier van 'n politieke organisasie. lndien so 'n model geldig is, het dit uiteraard verreikende implikasies vir die op!eiding van bestuurders, nl. die ontwikkeling van 'n politieke perspektief, 'n analitiese vermoë, 'n herkenning van die politieke effek van beperkte hulpbronne, vaardigheid in die gebruik van die tegnieke van veralgemening van en opeenvolgende aandag aan beleidsbesluite, vaardigheid om politieke vooroordeel of partydigheid te herken, en 'n vermoë om die implikasies van besluite te kan deurdink.

Keywords

business; organisational behaviour; behavioural theory; large and complex organisations

Metrics

Total abstract views: 473
Total article views: 58


Crossref Citations

No related citations found.