Original Research

Operations research and the application of advanced managerial techniques - An introduction

H. J. Bocker
South African Journal of Business Management | Vol 7, No 1 | a3469 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajbm.v7i1.3469 | © 2022 H. J. Bocker | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 June 2022 | Published: 30 March 1976

About the author(s)

H. J. Bocker, Department of Business Economics, University of South Africa, South Africa

Full Text:

PDF (17MB)

Abstract

Hierdie artikel is bedoel as 'n inleiding tot Operasionele Navorsing en die toepassing van Gevorderde Bestuurstegnieke, 'n gebied wat omskryf kan word as die toepassing van wetenskaplike, spesifiek kwantitatiewe metodes, op bestuursprobleme.

In hierdie veld is daar 'n verskeidenheid tegnieke beskikbaar, baie waarvan nog betreklik onbekend is by bestuur. Sommige word reeds as standaard-tegnieke beskou, en andere mag hulle in die ontwikkeling- of verbeteringstadium bevind.

'n Artikel soos hierdie is dus in ooreenstemming nie slegs met die ontwikkeling van akademiese navorsing in die veld nie, maar ook met 'n steeds groeiende vraag na kwantitatiewe ontleding in die sakepraktyk.

Die moderne bestuurder tree in 'n toenemend komplekse omgewing op waar kwantitatiewe metodes 'n alledaagse verskynsel is. Hy kan dus nie die veld en sy probleme slegs aan deskundiges oorlaat nie. Die bestuurder moet weet wanneer kwantitatiewe metodes betroubaar en van waarde is. Hy moet 'n basiese begrip he van hulle aard en rol, hulle koste-voordeel-verhoudinge, asook hulle beperkinge. Dit behoort horn die nodige vertroue in te boesem om die aanbevelings van die spesialis na waarde te skat in die besluitnemingsproses.

Keywords

Business management; operations

Metrics

Total abstract views: 557
Total article views: 80

Crossref Citations

No related citations found.