Short Communication

The recent shift of emphasis in short-term economic policy in South Africa

Gerhard de Kock
South African Journal of Business Management | Vol 9, No 2 | a3301 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajbm.v9i2.3301 | © 2022 Gerhard de Kock | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 20 April 2022 | Published: 30 June 1978

About the author(s)

Gerhard de Kock, Special Economic Advisor to the Minister of Finance

Full Text:

PDF (816KB)

Abstract

Die Minister van Finansies het laat in 1977 'n klemverskuiwing in kort-termyn ekonomiese beleid aangekondig: 'n Geleidelike verskuiwing van die beperking van investering en verbruik, na die stimulasie van gesonde ekonomiese groei. Die grondslag van hierdie klemverskuiwing is die sukses bereik met die beperkende monetere en fiskale beleid en die verbetering van die betalingsbalans. Aspekte van hierdie belangrike beleidstelling word bespreek. Die merkwaardige swaai van 'n groot betalingsbalanstekort na 'n groot oorskot dien as bewys van die inherente sterkte en aanpasbaarheid van Suid-Afrika se betalingsbalans, tenspyte daarvan dat die balans in die afgelope paar jaar etlike groot skokke moes absorbeer: Die wêreldresessie van 1973-75; die onbestendigheid van die goudprys sedert einde 1974; gebeure in Angola in 1975 en in swart stedelike gebiede in 1976; en voortgesette politieke onsekerheid in, en druk op Suider-Afrika. Die tyd is nou ryp vir 'n nuwe ekonomiese opswaai, onder meer weens 'n styging in uitvoere, voortgesette uitvoervervanging, toename in sekere vorms van staatsbe-steding, en die noodsaaklikheid van heropbou van voorrade wat tydens die resessie afgebou is. Daar is steeds 'n tekort aan kapitaalinvloei, wat die regering sal noodsaak om bestendige ekonomiese groei te stimuleer. Dit sal egter versigtig beheer moet word, om te verseker dat die nuwe opswaai nie inflasionêr is nie.

Keywords

short term economic policy

Metrics

Total abstract views: 549
Total article views: 149


Crossref Citations

No related citations found.