Original Research

Export policies of the South African Government

W. N. Meyer
South African Journal of Business Management | Vol 9, No 4 | a3285 | DOI: https://doi.org/10.4102/sajbm.v9i4.3285 | © 2022 W.N. Meyer | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 20 April 2022 | Published: 30 November 1978

About the author(s)

W. N. Meyer, University of Port Elizabeth, South Africa

Full Text:

PDF (729KB)

Abstract

n Uiteensetting word gegee van ontwikkelings in Suid-Afrika se uitvoerbeleid sedert 1962, die jaar toe die Regering besluit het om 'n stelsel van ekonomiese ontwikkelingsbeplanning in te stel, tot en met 1976/77. Die tydperk word in twee fases ingedeel: 1962 tot 1971, toe dit toenemend duideliker geword het dat positiewe optrede nodig is om uitvoer te bevorder; terwyl die tweede fase verwys na die posisie nadat die Kommissie van Ondersoek oor Suid-Afrika se Uitvoerhandel in 1971 sy werksaamhede begin het. In die sewentigerjare het daar besliste veranderings in die uitvoerhandel ingetree. Beter koordinasie is bevorder tussen die verskeidenheid van staats- en semistaatsliggame wat op verskillende maniere in uitvoerbevordering betrokke is; die Nasionale Produktiwiteitsinstituut het 'n groot bydrae gemaak om produktiwiteit (en so ook mededingendheid) in vervaardigingsbedrywe met uitvoerpotensiaal te bevorder; en uitgawes deur die Departement Handel aan subsidies en uitvoerbevordering het geweldig toegeneem. Uitvoer het dan ook sowel in waarde as in volume bestendig gestyg ten spyte van die resessie in die Weste in die middel-sewentigs.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 548
Total article views: 172


Crossref Citations

No related citations found.